Monday, October 27, 2008

Moenie Omkyk Nie ~~ Gebed vir 'n nuwe begin ~~



Here, ek bid dat U my vry sal maak van my verlede. Waar ek ook al die verlede my "tuiste" gemaak het, bid ek dat U my sal red, my sal genees en my sal verlos. Ek kies om my tuiste by U te maak. Help my om enigeiets uit my verlede waaraan ek vasklou en wat my keer om alles wat U vir my het te ontvang, te laat los. Stel my in staat om op te hou lewe soos ek vroeër gelewe het. Maak my gees en gedagtes nuut (vlg. Ef. 4:22-24). Gee aan my die denke van Christus sodat ek sal kan verstaan wanneer ek beheer word deur herhinnerings aan wat in die verlede gebeur het.


Ek wil my nie vasbind aan die verlede deur enigeiemand of 'n gebeurtenis wat daarmee verband hou nie te vergewe nie. Help my om te vergewe wat vergewe moet word. Ek bid spesifiek dat U my sal red van die effek van (noem enige pynlike of slegte herinnring wat jy het). Ek gee my verlede aan U oor en ook enigeen wat ek daarmee assosieer, sodat U kan herwin wat verlore is. Alles wat aan my gedoen is of wat ek gedoen het wat vir my pyn bring, gee ek aan U oor. Mag dit my nie meer teister nie. Mag dit nie meer beïnvloed wat ek vandag doen nie. Maak my bly soveel dae as dié waarin ek verdruk is en gee my blydskap vir soveel jare as dié waarin ek gely het (vgl. Ps. 90:15). Dankie dat U alles nuut maak en dat U my nuut maak op elke denkbare manier (vgl. Op. 21:5).


Help my om reg voor my uit te bly fokus en nie op te kyk na die dae van die verlede en na ou maniere van dinge doen nie. U wil vandag iets nuuts in my lewe doen. Help my om te konsentreer op waarheen ek nou gaan en nie op waar ek was nie. Maak my vry van die verlede sodat ek daaruit kan beweeg tot in die toekoms wat U vir my het.


~~ Uittreksel uit: Die krag van 'n vrou wat bid. Geskryf deur Stormie Omartian ~~








No comments: