Tuesday, March 24, 2009

Op 'n Ligter Noot

BLAPSE IN KERKBLAADJIES



· Dames, moenie die krap-en-koop aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring. 

· Die interkerklike vredesberaad is gekanselleer weens sinodale konflik. 

· Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help. 

· Die koste vir bywoning van die gebed- en vas-konferensie sluit die koste van die etes in. 

· Vanoggend se erediens handel oor "Ons Redder loop op die Water". Vanaand se preek: "Waar is ons Redder?" 

· Me Charlene Mason van die Metodiste gemeente het vir ons "I will not pass this way again" gesing, wat ons almal groot vreugde verskaf het. 

· Volgende Donderdag is daar oudisies vir die kerkkoor. Kom gerus as jy niks aan het nie. 

· Barbara is nog in die hospitaal vir bloedoortappings. Sy sukkel om te slaap, en het kassette van pastoor Jack se preke gevra. 

· Die pastoor gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing "O blye dag". 

· Klaas Buitendag en Debbie Prinsloo is op 3 Oktober getroud. En so eindig 'n mooi vriendskap wat in hul skooljare begin het. 

· 'n Boontjiesop-aand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring 'n baadjie saam ingeval dit winderig en onplesierig raak. 

· Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die hemel, hoe kan jy daar kom?" Vervoer vertrek om 19:00 van die bushalte oorkant die ouetehuis. 

· Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur. 

· Die Weight Watchers-groep vergader Donderdag om 14:00 in die saal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang.

Monday, December 29, 2008

Iets om te onthou




Die skoonheid kom net
tot bloei wanneer dit
deur ruimte omring is.

'n Musieknoot kry betekenis
deur die stiltes aan weerskante.

'n Kers blom in die 
oneindigheid van die nag.



~~ Anne Morrow Lindbergh ~~ 



Tuesday, November 25, 2008

Monday, November 24, 2008

Kleipotte



Partymaal moet ons soos kleipotte breek .....


want hoe anders sal Sy lig deur ons skyn?

(Anoniem)





Sunday, November 9, 2008

Elke Dag





"Onthou, elke dag is 'n 
bladsy in die boek van die lewe.
Skryf daarop net dit wat jy 
later sal wil lees."

~~ Anoniem ~~





Sunday, November 2, 2008

1 Korintiërs 13:1



"Nou wys ek julle
wat nog die allerbeste is:
Al praat ek die tale van mense
en engele,
maar ek het geen liefde nie,
het ek 'n stuk klinkende metaal
'n galmende simbaal geword."