Tuesday, March 24, 2009

Op 'n Ligter Noot

BLAPSE IN KERKBLAADJIES



· Dames, moenie die krap-en-koop aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring. 

· Die interkerklike vredesberaad is gekanselleer weens sinodale konflik. 

· Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help. 

· Die koste vir bywoning van die gebed- en vas-konferensie sluit die koste van die etes in. 

· Vanoggend se erediens handel oor "Ons Redder loop op die Water". Vanaand se preek: "Waar is ons Redder?" 

· Me Charlene Mason van die Metodiste gemeente het vir ons "I will not pass this way again" gesing, wat ons almal groot vreugde verskaf het. 

· Volgende Donderdag is daar oudisies vir die kerkkoor. Kom gerus as jy niks aan het nie. 

· Barbara is nog in die hospitaal vir bloedoortappings. Sy sukkel om te slaap, en het kassette van pastoor Jack se preke gevra. 

· Die pastoor gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing "O blye dag". 

· Klaas Buitendag en Debbie Prinsloo is op 3 Oktober getroud. En so eindig 'n mooi vriendskap wat in hul skooljare begin het. 

· 'n Boontjiesop-aand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring 'n baadjie saam ingeval dit winderig en onplesierig raak. 

· Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die hemel, hoe kan jy daar kom?" Vervoer vertrek om 19:00 van die bushalte oorkant die ouetehuis. 

· Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur. 

· Die Weight Watchers-groep vergader Donderdag om 14:00 in die saal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang.

No comments: