Saturday, September 27, 2008

Liefde & Trou


"Liefde en trou bring
versoening waar daar
verkeerd gehandel is;
kwaad word vermy
deur die Here te dien."


~~ Spreuke 16:6 ~~







Thursday, September 25, 2008

Gebed vir Suid-Afrika



Ons bid vir Suid-Afrika
Ons mooi vaderland
Ons vra U in Jesus Naam
Hou haar in U hand
Mag almal U ken, O Heer
As Oorwinnaar van Bó
Dat die lig van U heerlikheid
Helder skyn oral oor!

Ons bid vir Suid-Afrika
Ons mooi vaderland
Ons vra U in Jesus Naam
Hou haar in U Hand
Mag ons in U vrede leef
Vasgebind aan U Hoop
Helder ligdraers van Jesus
Deur sy bloed vrygekoop.

Ons bid vir Suid-Afrika
Ons mooi vaderland
Ons vra U in Jesus Naam
Hou haar in U hand
Dat sy mag regverdig wees
Voor U liefde en trou
As sy voor U kom staan, O Heer
Op die groot oordeelsdag.



~~ Oorspronklike skrywer onbekend (Bygewerk en verwerk deur Gavin Meistre) ~~

Wednesday, September 24, 2008

God se Liefde



"Hou u liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U."
~~ Psalm 33:22 ~~

Tuesday, September 23, 2008

Liefde vir God


God vind vreugde

in die persoon

wat blymoedig gee.

~~ Georgette Butcher ~~

Friday, September 19, 2008

Wednesday, September 17, 2008

Sluier is Gelig - Familie-Naweek

Indien u dalk sukkel om die advertensie hier onder te lees, dubbel klik op die advertensie of besoek ons gemeente webtuiste vir meer inligting:





Waarom is jy dan hier?


Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie,
want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan (Josua 1:9)


Wat wil God met jou lewe doen? Waar behoort jy te wees? Watter werk is jy veronderstel om te doen? Waarheen is jy op pad? Daar is net een manier om te weet wat God met jou lewe beplan en dit is om Hom self te vra. As jy regtig ernstig daaroor is om uit te vind wat jy nou einlike hier op aarde kom maak het en graag binne sy raadsplan wil leef, sal Hy jou die antwoorde gee.


Ons kan slegs God se stem hoor as ons bereid is om te luister. Hy praat met ons deur sy Gees, sy Woord en die skepping rondom ons. Soms praat Hy hard en duidelik, ander kere fluister Hy, en soms gee Hy aan ons die wysheid in ons eie gedagtes. Ons moet Hom net hóór.

Word genoeg stil by jou Vader sodat
jy kan hoor wat Hy met jou lewe beplan.

Hier is ek, Vader. Hoor my en praat asseblief met my. Amen.



~~ Uittreksel uit: Sielskos vir die vrou wat Lééf! Skryf deur Melanie Vosloo ~~

Tuesday, September 16, 2008

Jesus skryf hierdie brief vandag vir JOU!




Liewe Vrou


Ek het jou lief net soos jy is. Kom na my toe en vertel my van al jou
vrouwees-stoei, jou besigwees en al die eise wat jou lewe soms onmoontlik maak.
Praat maar met My. Ek luister en verstaan.
Jy is vir My kosbaar.

Daarom wil Ek jou graag vertel hoe lyk die beste
weivelde vir jou. (Nie dit wat die wêreld van jou verwag nie.)
Ek sal jou help swem in jou stroomversnellende lewe..
jou selfs lei na vredevolle waters. Want Ek weet hoe moeg jy is.
Daarom sal Ek elke dag vir jou 'n nuwe stuk krag gee vir die dag.
Leef maar net 24uur op 'n slag. Môre sal Ek jou weer versterk.
Boonop sal Ek jou help om die regte paaie te loop.
Jy hoef nie jou lewe alleen te kompas nie.
Ek is immers die ewige Navigeerder.


Daarom sal Ek jou ook in die donker van jou lewe lei.
Wanneer jy bang en onseker jou weg moet vind of die
lewe vir jou nag voel, is Ek by jou, langs jou en voor jou.
Gee My jou hand dat Ek jou veilig kan lei.

Ek nooi jou ook om jou lewe met My te deel.

Want dan sal jy niks kortkom nie, omdat
Ek in al jou behoeftes sal voorsien. Inteendeel, in
my huis sal Ek jou oorlaai met onbeperkte goedheid en liefde.
Kom na My toe, liewe vrou. Net soos jy is.
Ek wil graag jou Herder wees.
Hemelsliefde en seën.

Wens vir jou 'n geseënde Dag!
~~ Annoniem ~~